THE TRUSTED NAME IN THE INDUSTRY SINCE 1974

 
   
 
Home page


Alphabetical list

Hybrid Teas
Floribundas
Climbers
Miniatures
Groundcovers
Standards

Rose-growing tips

Company Profile
How to find us
Contact us

Best viewed at a screen resolution of 800 x 600



 

Designed & built by
Hooper Productions

 




 
ROSE GROWING INFORMATION   
Rose word maklik gekweek
Rose word maklik gekweek, maar aangesien hulle tot die blommeadelstand hoort, floreer hulle op ekstra aandag. Rose moet ten minste weekliks water kry - elke plant 20 liter sodat die grond deeglik deurweek word. Water moet elke tweede dag toegedien word in somerhitte-toestande, veral waar daar in vlak of sanderige grond geplant is. Moderne rose is gekweek met die doel om langsteelblomme te produseer en om vir die grootste deel van die jaar te blom - hiervoor het hulle egter gereeld addisionele voeding nodig.

‘n Volgroeide plant moet ‘n handvol (angeveer 50g) bemesting soos 5:1:5 of Wonder 8:1:5 (25) elke maand tot ses weke ontvang. Die beste manier van toediening is om die bemesting rondom of oor die bos te strooi sodat dit die wortelsone eweredig binnedring. Die water sal voedseld-deeltjies oplos en na die wortels vervoer. Moet nie inspit nie.

Die belangrike aktiewe wortels van roosbosse is vlak en floreer in deeglik belugte grond. Hulle is egter uiters sensitief vir hitte en dit is dus noodsaaklik dat die wortelsone met ‘n 10cm dik deklaag bedek word. Die beste deklaag is growwe, organiese stof soos dennenaalde, houtskaafsels, grondboontjie-doppies, blare of stukkies houtplank. Deur rose 60cm uit mekaar te plaas eerder as een meter, maak u dit vir hulle moontlik om tot ‘n groot mate hul eie skaduwee te voorsien. Om te verseker dat u langsteel-blomme volmaak is, moet u hulle gereeld met "Rosecare" of ’n nie-toksiese oplossing van 20ml Oleum plus 10g koeksoda plus ‘n teelepel vol G49 of vloeibare seep in 10 liter water opgelos, bespuit.

As u hulle so behandel, sal rose groei en blom. As u dan boonop persoonlik aandag aan hulle skenk deur hulle vir die vaas te sny of bloot deur hul dooie knoppe af te pluk en onbenullige sytokkies af te sny, kan u die gehalte daarvan verbeter. U kan nie verkeerd sny nie mits u die bos nie te kaal sny nie.

Rose moet hul jaarliks verjong. Kwaai snoeiwerk in die winter help die bos om dit te doen. ‘n Roos kan nie verkeerd gesnoei word nie. Plante word eenvoudig tot omtrent knie-hoogte teruggesny en ouer takkies word van binne uit die plant verwyder. Die aangewese tyd om so te maak is van af middel-Julie tot middel-Augustus afhangende van hoe kwaai die winter in elke afsonderlike tuin beleef word. Bespuiting met kalkswawel nadat u gesnoei het sal die spore en eiers van plae vernietig.